1. ‘n Testament is die enigste manier hoe ‘n persoon (bekend as ‘n testateur of testatrise) verseker kan wees dat sy bates volgens sy wense na sy dood verdeel sal word.
2. Indien daar ten tye van afsterwe geen testament is nie, sal die boedel volgens die intestate erfopvolging reëls verdeel word. Hierdie reëls kan beide onbuigbaar en onprakties wees. Bates kan nie verdeel word voordat al die reëls vir intestate erfopvolging nagekom is nie, wat kan lei tot ekstra kostes en vertragings.
3. Met intestate erfopvolging kan die verkeerde persone bevoordeel word, en die afgestorwene se wense moontlik nie vervul word nie.
4. Indien daar geen testament is, en die waarde van die boedel is onder R250 000.00, dan sal die Meester van die Hoër Hof ‘n vergadering belê met familielede om sodoende ‘n eksekuteur aan te stel. Dit veroorsaak ‘n vertraging en is ook ‘n duur en tydsame prosedure. Onthou, die boedel is gevries terwyl dit beredder word, en afhanklike begunstigdes mag dalk nie toegang tot fondse hê gedurende daardie tydperk nie.
5. Die Meester mag ook die eksekuteur versoek om sekuriteit te verskaf. Dit neem gewoonlik die vorm aan van ‘n sekuriteitsverband by ‘n korttermyn versekeringsmaatskappy vir die waarde van die bates soos gewys in die voorlopige inventaris. Dit veroorsaak verdere onkostes en vertragings. ‘n Testament bevat gewoonlik ‘n klousule wat die benoemde eksekuteur vrystel van die verpligting om sekuriteit te verskaf.
6. ‘n Persoon nog in rou oor die verlies van ‘n geliefde weet gewoonlik nie waar om te begin om aan al die Meester se vereistes te voldoen nie. Alhoewel ‘n persoon die boedel alleen kan beredder (indien die Meester daartoe instem, en dit gebeur nie dikwels nie) of indien die boedel onder R250 000.00 werd is, is daar nie ‘n plaasvervanger vir ‘n vaardige eksekuteur nie. Indien die afgestorwene wel ‘n testament nagelaat het, sal die bereddering van die boedel soveel makliker wees. Indien daar ‘n testament is, sal die instrukies van die testateur gevolg word en die eksekuteur sal die familie bystaan.
7. Indien daar geen testament is nie, kan ongemaklike en ongerieflike situasies met erfgename ontstaan.
8. Wanneer ‘n persoon te sterwe kom en geen testament nalaat nie, en indien minderjarige kinders erf, moet hulle erfporsie in die Voogdyfonds inbetaal word. Die rentekoers kan dalk laag wees, en ander probleme kan ontstaan. Byvoorbeeld, indien ‘n man te sterwe kom en ‘n waardevolle eiendom nalaat, mag die gade en meerderjarige kinders dalk forseer word om die eiendom te verkoop, om sodoende fondse te bekom om in die Voogdyfonds te betaal.
9. ‘n Erfgenaam kan dalk gestremd of nie volwasse genoeg wees om met sy geld te werk nie, in ‘n testament kan die testateur voorsiening maak vir ‘n testamentêre trust wat bepaal op watter ouderdom die erfgenaam sy erfdeel ontvang, hetsy dit 25 of 30 is. Indien daar geen testament is nie, sal die bates outomaties uitbetaal word sodra die kind 18 word. Dit kan nadelig vir die erfgename wees.
10. Vir die meer gesofistikeerde beplanner kan die testament gebruik word as ‘n belasting beplanningstegniek. Byvoorbeeld, die oorlewende se boedelbelasting kan verminder word deur middel van bemakings in die testament aan die langslewende gade of organisasies, sowel as die gebruik van die R3,5 miljoen korting. Bemaking soos byvoorbeeld, vruggebruik, fideicommissum, ‘n annuïteit wat persoonlik gehef word of ‘n diskresionêre trust kan ‘n impak maak op die inkomstebelasting en boedelbelasting situasie van die erfgename. Indien jy nie ‘n testament het nie, kan jy nie voordeel trek uit hierdie beplanningstrategieë nie.